Vuilspel

· Penguin Random House South Africa
5,0
4 resensies
E-boek
176
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet.
Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei.
Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman staan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.

Graderings en resensies

5,0
4 resensies

Meer oor die skrywer

Bettina Wyngaard is die skrywer van Troos vir die gebrokenes (wenner van die Jan Rabie-Rapport-prys) en die misdaadromans Vuilspel, Slaafs en Jagter. Sy het in die regte aan Universiteit Stellenbosch studeer, waarna sy vir baie jare as prokureur gewerk het. Sy woon in die Overberg.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.