Matrone op 'n Harley

· Penguin Random House South Africa
5,0
3 resensies
E-boek
192
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Charlotte Beyers doen aansoek vir ’n pos as matrone by die indrukwekkende Shalom Verpleegkundige Kliniek. Sommer met die intrapslag spring sy en die formidabele baas van die kliniek op ’n verkeerde voet weg. Volgens hóm lyk sy nie soos wat ’n matrone behoort te lyk nie, verál nie toe sy met ’n Harley by die kliniek arriveer nie. Wie weet hoeveel tatoeërmerke onder die sexy leeruitrusting verberg word? Gaan Charlotte haar man kan staan teen die aanvanklike teëstand van die personeel, en veral die antagonisme van haar hoofsuster? Gaan sy bestand wees teen die sterk persoonlikheid van haar aantreklike baas, veral as sy bewus word van emosies wat hy in haar ontketen. Gaan sy weer toelaat dat ’n man beheer neem van haar lewe? Mag sy die een man oordeel aan die hand van ’n ander man se neiging tot mishandeling? Eers wanneer sy weer volkome vertroue kry, kan sy die liefde eien en aanvaar.

Graderings en resensies

5,0
3 resensies

Meer oor die skrywer

Rina Cilliers woon saam met haar eggenoot op Hartenbos, sogenaamd afgetree. Sy was bevoorreg om voltyds ma (van vier kinders) en tuisteskepper te wees, het al vele kere in haar lewe op verskeie plekke gebly, maar hulle kinders het hoofsaaklik skole en universiteit in Pretoria bygewoon, waar hulle vir 25 jaar gebly het, en daarna Kaap toe en toe Greyton toe wat die punt van haar hart was. Buiten ma en vrou wees, is haar lewe interessant, kreatief en bowenal, positief; dis in hierdie gees wat hulle ’n hegte familie gevorm het.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.