In Wene, 'n eens weelderige stad wat nou in puin lê na afloop van die oorlog, volg Bernie verskeie leidrade wat almal na een verdagte lei: 'n oud-Gestapo-hoof met 'n lys van wandade wat die vergrype van die oorlog na kinderspeletjies laat lyk ... Doodslied vir Duitsland, die Afrikaanse vertaling van A German Requiem, is die laaste boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, sy historiese speurreeks wat wêreldwyd 'n topverkoper is.
PHILIP KERR (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede. Vertaal deur die hoogs aangeskrewe Suid-Afrikaanse vertaler, roman- en kortverhaalskrywer ZIRK VAN DEN BERG. Hy is die vertaler van Wilbur Smith se boeke in Afrikaans.