Die lewe se vuil houe

· Penguin Random House South Africa
E-boek
160
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie. "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie? ’ vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. ‘Nee, Ma.’ ‘Belowe? ’

Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles. Dewie moet daarmee saamleef. Of dalk kan hy skelm van sy ma se gemors begin ontslae raak. Sy mag net nie daarvan uitvind nie. Net soos ander mense nie mag uitvind hoe hulle in daardie deurmekaar woonstel leef nie. Veral nie sy pelle nie. Ook nie Jadey Ewerts, die vreemde meisie met haar boeke en slim sêgoed en oë wat uit ’n ander wêreld na hom kyk.

Meer oor die skrywer

Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, en hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en Offers vir die vlieë wen 2019 se kompetisie.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.