Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins

· Pan Macmillan South africa
Ebook
151
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Partykeer skuld die heelal jou ’n paar cool sokkies. Ethan is uit die veld geslaan toe hy een Saterdagoggend sien hoe die nuwe meisie in sy klas ’n paar sokkies steel. Sommerso helder oordag by ’n vlooimarkstalletjie. Almal by die skool wonder reeds oor die meisie wat aan die einde van die vorige kwartaal by die skool aangekom het. Haar naam is Charlie Prins. Pouses sit sy eenkant. Dit lyk of sy nie raakgesien wil word nie. In watter skool was sy voorheen? Het sy broers of susters? Is sy goed met sport of redenaars of so iets? Niemand weet enige iets van haar nie. Charlie is ’n raaisel – een wat Ethan nie kan wag om te ontsyfer nie. Maar die geheim wat sy wegsteek, is groter – en gevaarliker – as wat hy ooit sou kon raai. Met sy kenmerkende mengsel van humor en deernis vertel Jaco Jacobs in Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins die storie van iemand wat desperaat is om te verdwyn, en iemand wat nie kan help om haar raak te sien nie. Instagram-foto’s, bordspeletjie-kaartjies en ander visuele elemente maak dié warrelwind van ’n verhaal vir jong tieners ’n onvergeetlike leeservaring. Die boek is ’n verwerking van die gelyknamige draaiboek wat die skrywer in 2022 geskryf het. Die rolprent is in 2023 as deel van kykNET se Storiefilms-projek uitgesaai.

About the author

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 260 boeke vir kinders en bykans twee miljoen kopieë van sy boeke is reeds verkoop. Hy spog met 46 bekronings vir sy werk en van sy boeke is vertaal in Engels, Nederlands, Italiaans en Portugees. Twee van sy boeke is tot films verwerk. Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, sy dogters, Mia en Emma, drie honde, ’n kat en ’n troetelluislang.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.